Waldemar Pelser
Vir wie dit mag aangaan.
Die onderwerp verwys.
Dit is absoluut vernederend, seer en onaanvaarbaar dat jul aanbieder Waldemar Pelser in Woensdagaand se Kyknetverslag na staatsamptenare as vetgevreet verwys.
Dit na aanleiding oor n eensydige paneelbespreking deur die aanbieders en die hoof van aktualiteit Tim Du Plessis.
Daar was geen staatsvakbonde deel van die paneelbespreking. Dalk is daar n rede dat hul nie daar was of kon wees maar steeds was feite aanbieding gebrekkig en eensydig deur die paneel.
Ek verwag dat Waldemar Pelser asook Kyknet op televisie asook in gedrukte media verskoning vra vir sy uitlating wat absoluut onsensitief is in hierdie tyd waar my kollegas in die staatsdiens waaronder Korrektiewe Dienste, Gesondheidsdienste, SAPD, Maatskaplike dienste , Onderwys ens in voorste linies veg in uitdagende omstandighede om diensbaar vir die nasie te wees.
Indien daar nie voldoen word aan my versoek sal ek n amptelike klag le by die Pers Ombudsman asook die Menseregtekommissie.
Ek hoor graag van u.